Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
SAL gaan veiligheid op vliegtuie verbeter

Die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) beloof om die veiligheid op vlugte op te skerp nadat twee passasiers Maandag op ’n vlug van Johannesburg na Hongkong van waardevolle besittings beroof is.

Tlali Tlali, die SAL se kommunikasiehoof, sê twee passasiers het die bemanning op die vlug genader en gekla dat van hul besittings weg is.

“Hulle het gesê dat ’n bedrag geld en ’n horlosie weg is.

“Een van die klaers kon ’n paar passasiers uitwys wat glo verdag opgetree het terwyl die meeste passasies op die vlug geslaap het. Hulle het glo van die oorhoofse bagasie-kompartemente oopgemaak,” sê Tlali.

Die polisie in Hongkong is dadelik ingelig en toe die vliegtuig land, is die verdagtes eenkant gehou en deursoek.

Die polisie kon egter niks by hulle kry nie. Die items is later deur die skoonmaakpersoneel op sitplekke op die vliegtuig gevind.

Tlali sê die lugdiens sal nie skroom om enigeen sy vlugte te verbied wat hulle aan misdaad skuldig maak nie. “In gevalle waar oortreders aangekla en vervolg word, word hulle geswartlys en mag hulle nooit weer met die SAL vlieg nie.

“Die bemanningslede sal ook, veral in die aand of wanneer die passasiers slaap of die ligte verdof is, meer oplettend wees.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.