Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Samwu-lede sing en dans voor stadsaal brand

Die laaste ure voordat die Bloemfonteinse stadsaal afgebrand het, is gekenmerk deur ’n algehele chaos toe sowat 500 lede van die Suid-Afrikaanse Munisipale Werkersunie (Samwu) van 16:00 af in dié saal vergader het. Die groep was uiters oproerig en het verskeie brande in die voorportaal en in die saal self gestig, wat weer met brandblussers geblus is.

’n Lugfoto van die Bloemfonteinse stadsaal ure nadat dit in ’n brand verwoes is.

Hulle het gedreunsing en gedans dat die houtvloere van dié geskiedkundige gebou behoorlik gebewe het. Almal het gewonder wanneer dit onder die gewig inmekaar gaan tuimel. ’n Groep oorgewig vroue het op ’n hysbak wat onder uit die vloer van die stadsaal kom op en af gery, geskree, gedans en gesing.

’n Mens het die heeltyd gewonder waar is die bestuur van die Mangaung-metro, of dan die veiligheidspersoneel terwyl die glorieryke Bloemfonteinse stadsaal op horings geneem word.

Buite het ’n groep polisiemanne gestaan en nie probeer keer dat die plek verwoes word nie. Dit was eers later daardie aand, omstreeks 18:30, dat die polisie tot die situasie toegetree en lede met skokgranate, rubberkoeëls en water uiteengejaag het.

Brig. M.S. Makhele, hoof van kommunikasie, mediaskakeling en bemarking van die polisie in die Vrystaat, het agterna gesê dit is nie die polisie se verantwoordelikheid om geboue op te pas nie, maar dié van die veiligheidsafdeling van die metro.

Hy het ook aan Netwerk24 gesê die polisie weet wanneer om op te tree. “Ons het alles in ons vermoë gedoen om die gebou te probeer red nadat ’n brand omstreeks 18:30 daar uitgebreek het. Die deure van die stadsaal is deur die Samwu-lede gesluit en die polisie moes dit oopbreek sodat die brandweer die gebou kon probeer red. Ons het die stakers met skokgranate, rubberkoeëls en water uiteengejaag, voordat begin kon word om die gebou te red.”


Meer oor:  Samwu  |  Bloemfontein  |  Brand  |  Sing  |  Dans  |  Stadsaal
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.