Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Sanef geskok oor Gwede sê hy koop joernaliste om

Die Suid-Afrikaanse Redakteursforum (Sanef) het sy skok uitgespreek oor bewerings deur Gwede Mantashe dat hy glo twee joernaliste van die Sunday World betaal het om ’n storie te “laat verdwyn”.

Die minister van minerale en energie het, luidens dié koerant, twee van sy joernaliste R70 000 betaal om bewyse te vernietig wat ’n berig sou staaf dat hy ’n verhouding met ’n student, Lerato Habiba Makgatho, het.

Mantashe het nie die name van die joernaliste bekend gemaak nie.

Gwede
Gwede Mantashe, minister van minerale bronne en energie.Foto: Argief

Sanef sê in ’n verklaring dat sogenaamde bruinkoevert-joernalistiek, waar verslaggewers betaling ontvang, teenstrydig met joernalistieke etiek is.

Afdeling twee van die Persraadkode het betrekking op onafhanklikheid en botsing van belange.

“Dit stel duidelik dat die media nie:

* sal toelaat dat kommersiële, politieke, persoonlike of ander onprofessionele oorwegings verslaggewing beïnvloed nie, sowel as botsende belange en praktyke wat daartoe kan lei dat lesers die media se onafhanklikheid en professionaliteit betwyfel nie;

* geen voordeel sal aanvaar wat beriggewing kan beïnvloed nie;

* duidelik aantoon wanneer ’n buite-organisasie bygedra het tot die koste van nuusinsameling; en

* redaksionele materiaal afsonderlik van advertensie- en geborgde gebeure sal publiseer.

Sanef onderneem om die minister te versoek om die spesifieke joernaliste se name bekend te maak.

Die forum ondersteun ook die Sunday World se ondersoek na die saak, insluitend die koerant se onderneming om joernaliste af te dank sou daar konkrete bewyse wees dat hulle omgekoop is.

Die koerant het ook onderneem dat al sy joernaliste ’n belofte onderteken wat etiese joernalistiek verseker.

Daarby sal Sanef ’n spesifieke klousule tot sy “konsepreëls vir betrokkenheid” by politieke partye voeg, wat enige vorm van bruinkoevert-joernalistiek verbied.

“Sanef is ’n kampvegter vir etiese joernalistiek. Ons glo dat as enigeen bewyse het van onetiese joernalistiek – insluitende die ernstige oortreding van geld aanvaar – moet hul na die Persraad gaan,” lui die verklaring.

Die forum het bygevoeg dat hy ook sy eie, onafhanklike “ondersoek na mediageloofwaardigheid en -etiek” van stapel gestuur het, waarvan die afgetrede regter Kathleen Satchwell die voorsitter is.

“Ons moedig enige Suid-Afrikaner met bewyse van joernaliste wat oneties of onwettig optree aan om die regter en owerhede te kontak,” sê Sanef.

* Voorleggings aan die ondersoek kan gestuur word aan panel@mediainquiry.co.za.

Meer oor:  Sunday World  |  Gwede Mantashe  |  Sanef
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.