Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Sanef: Moenie ST se fout oral in media soek nie

Die publiek se vertroue in die media “is ondermyn” deur die Sunday Times (ST) se onakkurate beriggewing oor die sogenaamde Cato Manor-polisiemoordbende en ’n beweerde onwettige geheime-eenheid oftewel “rogue unit” binne die Suid-Afrikaanse inkomstediens (SAID).

Die Suid-Afrikaanse nasionale redakteursforum, Sanef, het Dinsdag in verklaring só gereageer nadat die ST die afgelope Sondag sy berigte oor die polisiemoordbende, die SAID en beweerde uitlewerings van verdagtes aan Zimbabwe teruggetrek het.

Mahlatse Mahlase, voorsitter van die Suid-Afrikaanse nasionale redakteursforum. Foto: Argief

“Hoewel Sanef die ST se verskoning oor die beriggewing verwelkom, gee ons toe dat die skending van redaksionele standaarde wat die publiek se vertroue ondermyn wyer as die publikasie self versprei het. Dit ondermyn die geloofwaardigheid van joernalistiek in openbare belang,” sê die verklaring.

Sanef het Dinsdag ’n vergadering met die bestuur van Tiso Blackstar, uitgewers van ST gehou na die “diep ontstellende ontwikkelings in die koerant se nuuskantoor”.

Robert McBride, hoof van die polisie se onafhanklike ondersoekeenheid (Opod) is saam met twee van sy kollegas aangekla omdat hulle na bewering ’n verslag oor die onwettige deportasie van Zimbabwiese moordverdagtes sou gedokter het om Anwa Dramat, ’n voormalige Valkehoof, in die reine te bring.

McBride sê hy gaan nie regstappe teen ST doen nie, maar die mediabedryf moet die flater oordink.

“Ek gaan geen stappe teen die koerant doen nie, maar die media moet ’n proses van introspeksie begin,” sê hy.

Stephan Hofstatter en Mzilikazi wa Afrika, twee van die verslaggewers wat van die berigte geskryf het, werk nie meer by ST nie.

Prof. Anton Harber, mediakenner, sê die voorval is nie tot ST beperk nie, maar behoort ook nie die hele mediabedryf in gedrang te bring nie.

“Gelukkig is daar media-instellings en joernaliste wat ’n reuse en dapper bydrae gemaak het om staatskaping bloot te lê en stop te sit; ’n mens moet dus onderskeid tref. Dit sou verkeerd wees om al die media onder dieselfde kam te skeer,” sê Harber.

Meer oor:  Sunday Times  |  Sanef
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.