Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Sanef sê Malema is regtig aspris met sy twiets

Die Suid-Afrikaanse Redakteursforum (Sanef) het die EFF-leier Julius Malema se “opruiende uitsprake” oor die eNCA-uitsaaier op sosiale media veroordeel.

Malema se uitlatings vroeër vandeesweek op Twitter, waarin hy eNCA daarvan beskuldig het dat hulle ’n “anti-swart-agenda” volg en wit oorheersing ondersteun, het tot dreigemente teen eNCA-joernaliste gelei.

Julius Malema. Foto: Felix Dlangamandla

Sanef het Woensdag in ’n verklaring gesê hy ondersteun en erken Malema se reg om die mediamaatskappye te kritiseer en om in robuuste debatte betrokke te raak oor hoe daar oor nuus verslag gedoen word, maar hy het nie die reg om opruiende en onwaar opmerkings te maak wat die lewe van joernaliste in gevaar kan stel nie.

Mapi Mhlangu, hoofredakteur van eNCA, het aan Sanef bevestig van haar redaksie was in die visier en is ná Malema se uitlatings gedreig.

“Dit is betreurenswaardig en moet veroordeel word. Toe die EFF-joernaliste van ANN7 gedreig het om van hul nuuskonferensies weg te bly, het Sanef met die leierskap van die party vergader om ons besorgdheid oor dié taktiek uit te spreek,” lui Sanef se verklaring.

“Ons het die EFF versoek om sy bekommernisse deur die regte kanale by mediamaatskappye te hanteer en nie op die joernaliste te fokus nie. Ons doen weer ’n beroep op die EFF om dié pad te volg.”

Mhlangu sê haar redaksionele span is divers en Malema se karakterisering van eNCA is nie feitlik korrek nie. Die kanaal se meerderheidsaandeelhouer is ’n swartbemagtigingsmaatskappy Hosken Consolidated Investments. ’n Beduidende aandeel in eMedia is ook in die hande van die klerewerkersvakbond Sactwu.

Meer oor:  Julius Malema  |  Eff  |  Joernaliste  |  Enca
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.