Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Sanef veroordeel dreigemente teen joernalis

Die Suid-Afrikaanse Redakteursforum (Sanef) het die dreigemente teen Sunday Times joernalis Qaanitah Hunter veroordeel.

“Hierdie soort optrede is veral onrusbarend in die aanloop tot ons nasionale verkiesing,” het Sanef Maandag luidens ’n verklaring gesê.

Sanef se reaksie volg op hewige kritiek wat Hunter en medejoernalis Jeff Wicks se voorbladstorie ontlok het. In die storie, wat Sondag in die koerant gepubliseer is, word daar beweer dat oudpres. Jacob Zuma verlede week van sy bondgenote in Durban ontmoet het om planne te smee om van pres. Cyril Ramaphosa ontslae te raak.

Volgens Hunter het sy dreigemente van Meokgo Matuba, sekretaris-generaal van die ANC se Vroueliga, ontvang. Hunter beweer ook dat sy ’n foto van ’n geweer van Matuba ontvang het. Matuba het by navraag gesê dat sy ’n foon met baie mense deel en nie weet wie die foto van die geweer aan Hunter gestuur het nie.

Hunter is ook na bewering gedreig nadat sy Matuba gebel en gepols het oor die Zuma-vergadering.

Volgens Katy Katopodis, visevoorsitter van Sanef, mag joernaliste nie op ’n persoonlike vlak aangeval word vir wat gepubliseer word nie. “Sanef glo dat die ANC en sy verskeie strukture die reg het om die media te kritiseer, onakkurate beriggewing uit te wys en formele klagtes by organisasies soos die Persraad te lê,” het Katopodis gesê.

“Ons doen egter ’n beroep op die ANC en al die ander politieke partye om die regte kanale vir klagtes te volg.”

Meer oor:  Dreigemente
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.