Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Sanef veroordeel hardhandige hantering van joernaliste

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Redakteursforum (Sanef) het Dinsdag die hardhandige hantering van joernaliste deur metropolisielede by die Durbanse stadsaal veroordeel.

Zandile Gumede. Foto: Jabulani Langa

Luidens ’n verklaring van Sanef is joernaliste Dinsdag by ’n DA-mediakonferensie oor bewerings van bedrog en korrupsie deur agt gewapende metropolisiebeamptes genader en beveel om die stadsaal te verlaat. Dié bevel het glo gekom van Zandile Gumede, eThekwini-burgemeester, se kantoor.

Joernaliste is intussen ook verhoed om by die stadsaal in te gaan om die mediakonferensie by te woon. ’n Chaos het uitgebreek toe joernaliste die rede vir hul wegwysing vra en hulle is hardhandig deur metropolisiebeamptes verwyder.

Die mediakonferensie het uiteindelik op die trap van die stadsaal voortgegaan.

Sanef het Dinsdag ’n beroep op die stadsvaders in Durban gedoen om dié aangeleentheid te ondersoek om ’n herhaling daarvan te verhoed.

“Om joernaliste toegang tot ’n mediakonferensie te weier is nie net ongrondwetlik nie, maar ontneem die publiek toegang tot inligting. Om die polisie te gebruik om ’n mediakonferensie te monitor is ook ’n taktiek van intimidasie wat ons as ondemokraties beskou,” sê Sanef, wat veral bekommerd is oor dié aanslag op die media in die aanloop tot die verkiesing.

“Enige persoon, organisasie of politieke party wat gegrief voel oor ’n berig of enige aksie deur die media word aangeraai om die regte kanale te volg om hul griewe te lug.”

Meer oor:  Sanef  |  Zandile Gumede  |  Durban  |  Joernaliste
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.