Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Sanel trek nader aan boer Willem

Om 60 km van mekaar af te bly, is darem baie beter as 1 400 km.

Sanel Prinsloo het vandeesweek begin skoolhou by die Christelike Privaatskool Leipoldtville in die Sandveld nadat sy soontoe getrek het om nader aan haar boer Willem te wees.

Só sê Sanel Prinsloo (23) nadat sy pas na Leipoldtville in die Wes-Kaapse Sandveld getrek het om nader aan die boer Willem Pool (30) te wees.

Hulle het liefde gevind op die kyk­NET-program Boer soek ’n vrou.

Mooinooi in Noordwes was vir die verliefdes net te ver van Clanwilliam, waar Willem boer.

“Ons is nou al vier maande in ’n verhouding en baie gelukkig,” sê Sanel.

Sy het vandeesweek begin met haar eerste werk as gr. R-onderwyseres by die Christelike Privaatskool Leipoldt­ville en bly saam met nog twee kollegas in ’n woonstel oorkant die skool. Willem kom kuier gereeld en naweke gaan kuier sy op die plaas.

“Dinge tussen my en Willem gaan baie goed. Hy het my darem nog nie die trekpas gegee nie en ek kan sê ons is nog verlief op mekaar. Ek is glad nie spyt dat ek hiernatoe getrek het nie,” vertel sy opgewonde.

Sanel en die boer Willem is al vier maande lank in ’n verhouding en dolgelukkig.

Sy sê die kinders in haar klas het (nes Willem) reeds ’n baie spe­siale plek in haar hart en sy is mal daaroor om nou ’n volwaardige juffrou te wees, nadat sy in November verlede jaar haar onderwysgraad aan die Noordwes-Universiteit verwerf het.

Voor die nuwe werkjaar begin het, het sy en Willem darem ook tyd afgeknyp vir rus. “Hy het op 21 Desember verjaar en ek 24 Desember, en ons het saam met vriende op die Trans Agulhas-roete tussen Plettenbergbaai en Gordonsbaai vakansie gehou. Ons het ook by Willem se ma op Hartenbos gekuier.”

“Gelukkig hou my familie baie van Willem. My ouers sê hy is klaar soos ’n kind vir hulle en hulle is net so lief vir hom. Familie is vir my baie belangrik, so ek is bly dat dit so goed uitgewerk het,” sê Sanel.

Om deel te neem aan Boer soek ’n vrou was vir haar ’n wonderlike avontuur.

“Ek en Willem het onmiddellik gekliek. Ons het albei iemand gesoek wat spontaan is en lekker kan praat en ons trek (steeds) die hele tyd mekaar se siele uit,” skerts sy.

Dan raak sy ernstig.

“Ek is nie iemand wat hou van verandering nie, maar soms druk die lewe jou in ’n rigting en dis ook goed. Nou stap ons die paadjie saam as grootmense.

“Ek sou nie nader aan Willem getrek het as ons nie ernstig was oor mekaar nie en ons is albei dankbaar dat dinge so goed uitgewerk het,” sê sy tevrede.

suzanne.venter@rapport.co.za

Meer oor:  Sanel Prinsloo  |  Boer Soek 'N Vrou
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.