Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
SA’ner wêreld se beste vrouesjef
Die Suid-Afrikaanse sjef Chantel Dartnall.Foto: Lisa Hnatowicz

Die Suid-Afrikaner Chantel Dartnall is Woensdagaand as die wêreld se beste vrouesjef aangewys ten tyde van The Best Chef-toekenningsgeleentheid in Warskou, Pole.

Luidens ’n verklaring van die Mosaic-restaurant in Pretoria, waar Dartnall die sjef is, is sy nommer 32 op die lys van die 100 topsjefs in die wêreld vir 2017.

“Sy is ook die enigste Suid-Afrikaanse sjef in die top-100.”

Dié internasionale kompetisie is in 2016 begin.

“Dit is om die wêreld se beste sjefs te vereer in terme van kulinêre kuns en visuele aanbieding. Die wenners word gekies deur 300 mense wat bestaan uit sjefs, kosskrywers en kookkunskenners van oor die wêreld heen.”

Luidens die verklaring is Dartnall baie opgewonde oor die prys.

“Dis ’n baie groot eer om as die wêreld se beste vrouesjef aangewys te word. Dit was ’n ongelooflike oomblik.

Ek moet al die wonderlike mense in my lewe bedank wat net so hard gewerk het om my te lei en by te staan om al hierdie wonderlike drome ’n werklikheid te maak,” sê Dartnall in die verklaring.

Dartnall is ook in Junie op die Luxury Travel Guide-toekenningsgeleentheid as die beste sjef in Afrika en die Midde-Ooste aangewys.

Sy is ook al twee keer vantevore as Suid-Afrika se beste sjef aangewys.


Meer oor:  Pole
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.