Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
SA’ners met skip na Kaapstad teruggebring

’n Skip van die redery Holland America Line wat van sy Suid-Afrikaanse werknemers repatrieer, word Dinsdagoggend vroeg in die Kaapstadse hawe verwag.

Netwerk24 verneem 17 van die groep se passasierskepe repatrieer meer as 28 900 bemanningslede na hul onderskeie lande.

Melanie Koen (27) van Mosselbaai is een van die Suid-Afrikaners wat terugkom.

Haar ma, Anne-marié Koen, sê by navraag Melanie werk in die spa en is begin Maart na Amerika vir bestuursopleiding. Ná die opleiding is Melanie middel Maart na die skip Nieuw Amsterdam oorgeplaas.

Die Nieuw Amsterdam Foto: Verskaf

Weens die inperkings wat toe begin intree het, het die Nieuw Amsterdam geen gaste op die boot toegelaat nie.

Al die bemanningslede is tot dusver gesond, volgens Koen.

Sy sê die Nieuw Amsterdam kan nie in Kaapstad vertoef nie, maar moet na Singapoer aanbeweeg. Daarom moes die bemanningslede oorklim na die Volendam, wat Dinsdagoggend om 08:00 in Kaapstad aankom.

Dit is nog onbekend hoe lank die groep, onder wie Melanie en haar kollegas, Naomi Petersen, Carmen Meyer, Jade van Schalkwyk en Terrence McIntosh, op die skip sal moet bly voordat hulle aan wal sal kan kom. Volgens inligting sal 20 Suid-Afrikaners aan wal kom.

Volgens Koen is hulle in ekstase dat haar dogter terug is in Suid-Afrika en dat sy en haar medewerkers nog veilig en gesond is.

“Eerstens alle dank aan ons Hemelse Vader vir Sy hand van beskerming oor ons geliefdes en dat hulle bewaar is. Ons wil ook die redery bedank dat ons geliefdes teruggebring is na Suid-Afrika.”

Die webtuiste, https://crew-center.com/holland-america-line-group-use-8-cruise-ships-repatriate-crew-home het in April laat blyk van die groep se skepe Veendam, Volendam en die Nieuw Amsterdam sal na Asië seil om al Holland America Line se spanlede te repatrieer na die Filippyne, Indonesië, Indië en Suid-Afrika. Soortgelyke vaarte vind ook plaas na ander wêrelddele.

Meer oor:  Holland America Line  |  Kaapstad  |  Skip  |  Teruggebring  |  Suid-Afrikaners
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.