Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Sanger Refentse ploeg glo met motor deur muur

Die sanger Refentse Morake het glo Vrydag in die vroeë oggendure deur die muur van bekende mense in die Potchefstroomse middestad geploeg.

Refentse. Foto: Christian Wolf

Volgens die huiseienaar se vrou, wat voorlopig nie geïdentifiseer wil word nie, het sy nie gehoor toe die voertuig die muur van die huis tref nie, maar het sy om 02:40 wakker geword toe sy polisiesirenes hoor. “ ’n Polisievriend van ons het gebel en gesê daar is ’n groot boggerop, iemand het deur ons muur gery.”

Die vrou vertel dit het swaar gereën. Sy het haar man gevra om uit te gaan na waar die polisie glo reeds op die toneel was. “Die skade aan die muur is erg.”

Kapt. Mvula Chaka, polisiewoordvoerder in Potchefstroom, het die voorval bevestig. Volgens hom is geen dossier geopen nie. “Die bestuurder van die wit Ford wat deur die muur is, het op die toneel om verskoning gevra en gesê hy het beheer oor die voertuig verloor op die hoek waar dit gebeur het. Die eienaar van die huis het nie ’n klag teen hom ingedien nie, hulle het blykbaar ’n ooreenkoms bereik.”

Chaka het bevestig die bestuurder van die voertuig was Refentse Quinton Morake, wat in Vereeniging woon.

Die eienaar van die huis was nie dadelik beskikbaar vir kommentaar nie.

Hendrik Spangenberg, bemarkingspesialis van Sony Select Musiek, het bevestig die ID-nommer van die Refentse op die toneel stem ooreen met die sanger Refentse s’n. Hy het Vrydagoggend gesê hy sukkel nog om vir Refentse in die hande te kry omdat hy moontlik rus, en dat hulle kommentaar sal lewer sodra hy met hom gepraat het. Spangenberg is verlig dat niemand beseer is nie.

Spangenberg het gesê hy is nie bewus daarvan dat Refentse Donderdagaand in Potchefstroom opgetree het nie.

Die muur van die huis in Potchefstroom waardeur die sanger Refentse Morake glo Vrydagoggend vroeg met sy motor geploeg het. Foto: Susan Cilliers
’n Modderskerm en lig wat vermoedelik van die voertuig losgebreek het toe dit die muur getref het is sigbaar in die foto. Foto: Susan Cilliers
Benjamin Motsathebe besig met opruimingswerk by die muur van die huis in Potchefstroom waardeur die sanger Refentse Morake glo Vrydagoggend vroeg met sy motor geploeg het. By hom is ’n modderskerm en lig wat vermoedelik van die voertuig losgebreek het toe dit die muur getref het.Foto: Susan Cilliers

Meer oor:  Potchefstroom  |  Refentse  |  Ongeluk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.