Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Sanger verloor albei ouers dae ná mekaar
Die Dippenaar-gesin. Naomi en Danie is die afgelope week aan Covid-19 oorlede. By hulle sit Heinrich en Dewald. Foto: Verskaf

Die virussiekte het omtrent geneem, sê die sanger Dewald Dippenaar, nadat sy ouers drie dae uitmekaar aan Covid-19 dood is.

Sy pa, Danie (69), is Sondag om 05:00 dood en sy ma, Naomi (68), Woensdag omtrent dieselfde tyd.

“Dit is ’n groot skok en maar baie eina.”

Die gesin is van Welkom en die egpaar het ná hul aftrede vyf jaar gelede in Hartenbos gewoon.

Dippenaar, wat deesdae in Vermont woon, sê sy ouers het verlede Saterdag gekla van koors en het hulself met vitamiene en ivermektien gedokter.

Hulle het hulle Dinsdag laat inent.

“Maar dinge het van daar af net agteruitgegaan.

“Albei ly aan onderliggende siektes en hulle is kort daarna per ambulans na ’n hospitaal gebring.”

Naomi was ’n modeontwerper en was haar lewe lank verbonde aan die Goudveld Naaimasjienwinkel. Die winkel was vroeër die eiendom van haar pa, Andries de Jager.

Danie was ’n rekenmeester by die munisipaliteit.

“My ma was ’n bol liefde wat almal altyd opgehef en hul arms omhoog gehou het. My pa was meer konserwatief en het goed vir sy gesin gesorg. Hy was baie standvastig.”

Die egpaar word oorleef deur nog ’n seun, Heinrich, wat in Plettenbergbaai woon.

Reëlings vir ’n roudiens moet nog getref word.

Meer oor:  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.