Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Sanral skryf R3,6 miljard se e-tolskuld af
Foto ter illustrasie.

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral) het in die boekjaar 2016-’17 e-tolgeld ten bedrae van R3,6 miljard afgeskryf.

So sê die Organisasie teen Belastingmisbruik (Outa).

Rudie Heyneke, Outa se bestuurder van sy vervoerportfolio, het Dinsdag gesê dit is meer as die vorige boekjaar toe R93 miljoen afgeskryf is.

“Tog is dit die hantering van uitstaande tolgeld in vergelyking met verlede jaar wat daarop dui dat Sanral die werklikheid rondom e-tol begin aanvaar,” sê Heyneke.

Die finansiële verslae is ’n duidelike teken dat die staatsinstelling erken dat dit vir hom uiters moeilik is om Gauteng se e-tolskuld in te vorder.

Volgens Outa het Sanral ook skuld afgeskryf wat ouer as drie jaar is, rekeninge minder as R500 en skuld van ondernemings wat gelikwideer is of onder sakeredding is.

Sanral se logo.

Heyneke sê minder as 20% van e-tolgebruikers betaal hul skuld. Die agentskap het dagvaardings aan 6 500 motoriste uitgereik in die hoop dat die skuld gedelg word.

Heyneke moedig mense wat dagvaardings ontvang aan om regsadvies in te win en dit nie net te ignoreer nie.

“Die uitstaande skuld, asook die bedryfsverliese, is ’n sterk aanduiding dat Sanral-hoofde, sowel as die minister van vervoer, hul e-tolbeleid moet heroorweeg.”

Hoewel Sanral se regskoste nie in die finansiële verklarings uitgelig word nie, glo Outa dat die huidige koste van regsaksie teen niebetalers ook ’n mors van belastinggeld is.

Heyneke sê Outa en Sanral se regspanne probeer reeds langer as ’n jaar om die eerste saak vir die niebetaling van tolgeld in die hof te kry, wat volgens hom daarop dui dat Sanral nie regtig daarin belang stel om die wetlikheid van die stelsel te toets nie.

Meer oor:  Sanral  |  Padveiligheid  |  Paaie  |  Verkeer
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.