Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
SANW: Moslemvroue mag nou klein bedekking onder baret dra

Moslemvroue wat lede van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) is, sal nie vervolg word wanneer hulle ’n klein hoofbedekking onder hul baret dra nie.

Die weermag sal intussen sy kleredragkode hersien.

Fatima IsaacsFoto: VERSKAF

Dit volg ná ’n gesprek Dinsdag 16 Julie oor maj. Fatima Isaacs wat vervolging in die gestig staar omdat sy glo geweier het om haar hoofbedekking, wat sy onder haar baret gedra het, te verwyder.

Die SANW, die Moslem Juridiese Raad (MJR) en haar regsverteenwoordigers, Nazeema Mohamed en Ighsaan Higgins, het op die versoek van die kapelaan-generaal van die SANW ontmoet.

Isaacs, ’n kliniese tegnoloog by 2 Militêre Hospitaal in Wynberg, Kaapstad, het op 25 Junie voor ’n tugkomitee in ’n militêre hof verskyn.

Voorheen is berig die weermag het Isaacs eers ’n finale skriftelike waarskuwing gegee omdat sy glo nie ’n wettige opdrag (om haar hijab te verwyder) uitgevoer het nie.

Toe word sy aangekla omdat sy geweier het om haar kolonel se opdrag uit te voer.

Mohamed het voorheen aan Maygene de Wee gesê, dié hoofbedekking waarvoor haar kliënt aangekla word, kan nie eens gesien word nie.

Luidens ’n verklaring deur die MJR het hulle die kwessie van Isaacs en die kleredragkode vir Moslemvroue wat lede in die weermag is, bespreek.

Ná die week se ooreenkoms het die SANW verklaar in die tussentydse fase kan vroue ’n klein hoofbedekking in ooreenstemming met die weermag se kleredragkode dra, terwyl die beleid aangepas word.

Sy moet weer op 7 Augustus voor die militêre hof verskyn om ’n verhoordatum te bepaal.

Mohamed het Vrydag by navraag gesê, hulle gaan vra vir ’n uitstel.

“Ons het ooreengekom dat Moslemvroue ’n klein hoofbedekking, wat hulle toelaat om hul hare te bedek, mag dra tot ons ’n taakspan saamgestel het om oor die volle hijab te besluit. Dit sal dan in die SANW-beleid en kleredragkode aangebring word,” sê Mohamed.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.