Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
SANW-ontplooiing 'beste nuus sedert Mandela-vrylating'

Die ontplooiing van die weermag op die Kaapse Vlakte is die beste nuus sedert oudpres. Nelson Mandela se vrylating.

Dit was Maandag die reaksie van Christian Martin, ’n gemeenskapsaktivis vir die noordelike voorstede van Port Elizabeth.

Christian Martin, ’n kampvegter vir die regte van inwoners in Port Elizabeth se noordelike voorstede. Foto: Argief

Martin is al geruime tyd uitgesproke daaroor dat die weermag in dié stad moet ingryp in die lig van die bendegeweld in Port Elizabeth.

Hy meen die aankondiging van die weermag se ontplooiing in die Wes-Kaap is ’n goeie teken dat Port Elizabeth dalk volgende kan wees.

Volgens hom stem talle mense saam met hom dat die weermag dringend moet ingryp, veral diegene wat in gebiede bly waar bendes oorneem.

“Hoe gouer ons die weermag hier kan kry, hoe beter. ’n Mens hoor daagliks en weekliks van mense wat weens bendegeweld vermoor is. Die situasie is onuithoudbaar.

“Inwoners moet ook onthou hulle het ’n belangrike rol om te speel, en dit is om die polisie te help en nie te verstoot nie.”

Bheki Cele, minister van polisie, het in Desember verlede jaar in Port Elizabeth aangekondig dat ’n nuwe polisiekantoor binne agt maande in die Bethelsdorp-omgewing gebou gaan word.

Martin sê hy verneem ’n tydelike satellietpolisiekantoor word in Booysenpark opgerig, maar wil weet hoe dié satellietkantoor suksesvol kan wees sonder ekstra mannekrag.

Volgens hom gaan polisiebeamptes van die Bethelsdorp-polisiekantoor, wat reeds onder ’n swaar werklading gebuk gaan, na die satellietkantoor ontplooi word.

Meer oor:  Christian Martin  |  Port Elizabeth  |  Kaapse Vlakte  |  Weermag  |  Bendegeweld
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.