Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Sassa staak nog 500 verdagte betalings ná vorige 6 000

Die Suid-Afrikaanse agentskap vir maatskaplike sekerheid (Sassa) het in Augustus 500 betalings vir toelae landwyd gestaak, wat volg op Julie se 6 000 betalings wat gestaak is in ’n poging om bedrog in die stelsel te bekamp.

Sassa staak 500 verdagte toelaes se betalings. Foto: Verskaf

Shivani Wahab, Sassa-woordvoerder, sê in ’n verklaring dat die skerp daling te wyte is aan streng maatreëls wat deur Sassa en die SA Poskantoor ingestel is om bedrog hok te slaan.

Volgens haar het ’n intensiewe proses om die neigings te bestudeer, gehelp om die modus operandi van die bedrieërs vas te stel.

“Daarna is stelsels en kontroles verskerp. Ons kan met vrymoedigheid sê dat ons die strop om die nek van hierdie misdadigers stywer gespan het, en dat die reg streng met hulle sal afreken. Onlangs het die howe nie net mense gevonnis wat hulle aan die tipe misdade skuldig maak nie, maar ook opdrag gegee dat die oortreders die staat moet terugbetaal.”

Sassa sê dat hulle saam met alle rolspelers, insluitende al die banke, werk om te verseker dat bedrog binne die toelae-stelsel uitgewis word.

“Sassa is daartoe verbind om bedrog te takel en sal voortgaan om die bankbesonderhede te verifieer. Dit beteken dat as ’n rekord nie met Sassa en die bank gekorreleer kan word nie, sal die betaling nie elke maand deurgaan nie.”

Enige onskuldige begunstigdes wie se betalings gestaak is, word aangeraai om ’n beëdigde verklaring by ’n polisiekantoor in te dien.

Die beëdigde verklaring moet die korrektheid van bankbesonderhede en rekeninghouers se besonderhede bevestig.

Daarna moet ’n begunstigde hul identiteitsdokumente saam met die voltooide beëdigde verklaring na Sassa of die poskantoor neem.

“Diegene wat persoonlike banke gebruik, moet ’n bewys van bankbesonderhede van hul banke saambring.”

Sassa het om verskoning gevra vir enige ongerief wat mag ontstaan.

Meer oor:  Sassa  |  Betalings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.