
Zola Saphetha, Nehawu se algemene sekretaris.Foto: Jabu Kumalo

Susan Shabangu, minister van maatskaplike ontwikkeling.Foto: Samson Ratswana
Ná ’n vergadering met Susan Shabangu, minister van maatskaplike ontwikkeling, is die landwye staking van Sassa-werknemers wat tot Nehawu behoort, blykbaar verby.
Die minister het ingestem om die biometriese identifikasiestelsel wat gebruik word om toelaes aan begunstigdes uit te betaal, op te skort, sê Nehawu in ’n verklaring.
Die partye het ooreengekom dat die stelsel teen Maandag afgestel sal word en dat die ou stelsel, waarmee werkers vertroud is, weer gebruik sal word, sê Zola Saphetha, Nehawu se algemene sekretaris.
Die biometriese stelsel is ingestel nadat die Poskantoor Cash Paymaster Services (CPS) as diensverskaffer vir die
uitbetaling van die kontanttoelaes vervang is.
Nehawu meen die oorgang van CPS na die Poskantoor is haastig gedoen en het uitdagings geskep.
Volgens Saphetha sal betogers Donderdag ingelig word oor die ooreenkoms.
“Betogers het Woensdag die dienste by Sassa-kantore tot stilstand gebring, met sowat 85% wat deelgeneem het.”
Saphetha sê werkers behoort Maandag weer aan diens te wees.