Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Sassa waarsku oor ‘verkoop’ van kaarte op Facebook

Die Suid-Afrikaanse agentskap vir maatskaplike sekerheid (Sassa) waarsku teen ’n aanlyn slenter waarmee sy kaarte op sosiale media “verkoop” word.

Dit kom nadat ’n inskrywing op Facebook waarin ’n man Sassa-kaarte glo met ’n maandelikse toelaag daarop verkoop, wyd versprei word.

Sassa het Maandag gesê die begunstigdes van toelae word gewaarsku teen sulke slenters en hulle moenie daarvoor val nie, “want dit kan hul maatskaplike toelaag in die gedrang bring”.

’n Voorbeeld van die nuwe Sassa-kaart.Foto: Verskaf

Luidens die inskrywing van ene Thabiso Cele verkoop hy die kaart vir kindertoelae teen R600 en die kaart vir pensioenarisse teen R1 200.

Op die kaart vir kindertoelae word R400 per maand glo inbetaal en op die kaart vir pensioenarisse R1 600 per maand.

“Jy kry ’n pin wat aan die kaartnommer gekoppel is en ná drie dae word dit geaktiveer. Dan begin jy maandeliks R400 of R1 600 verdien wat jy by enige kitsbank in Suid-Afrika kan trek.”

In die inskrywing verskaf Cele ’n selfoonnommer waarop hy via WhatsApp gekontak kan word en vra dat mense nie sy tyd mors nie.


Meer oor:  Bedrog  |  Sassa
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.