Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
SATV hou konferensie in Nelson Mandelabaai

Dit is pas bekend gemaak dat Nelson Mandelabaai die gasheer van die Suid-Afrikaanse Toerismevereniging (SATV) se 2018-konferensie van 23 tot 25 Julie sal wees.

Volgens David Frost, uitvoerende hoof van die SATV, sal afgevaardigdes van die toerismebedryf in die Sun Boardwalk-konferensiesentrum byeenkom om pertinente sake wat die bedryf raak, te bespreek. Die tema van die konferensie is “Transforming Geographical Spread”.

“Die tema van die konferensie is gerig op die vyf-uit-vyf-strategie van SA Toerisme wat fokus op die bereikbaarheid van bestemmings en die geografiese verspreiding van toeriste.

“Verder kan Nelson Mandelabaai Toerisme (NMBT) die stad aan onder meer die bedryf se besluitnemers en die media as ’n wêreldklas, bekostigbare en bereikbare bestemming bekendstel,” sê Frost.

“Die stad het ’n lewendige toerismebedryf met produkontwikkeling en ’n aanbod wat dit die ideale plek vir ’n toerismekonferensie maak.”

Mandlakazi Skefile, hoof van NMBT, sê dié organisasie is opgewonde om betrokke te wees by so ’n gebeurtenis wat die toerismebedryf direk beïnvloed, en die positiewe veranderinge wat dit tot gevolg kan hê danksy die samewerking tussen die rolspelers en besluitnemers in die bedryf.

Meer oor:  David Frost  |  Nelson Mandelabaai  |  Konferensie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.