Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
SAUK-8: Joernalis spyt oor uitings jeens oudkollegas

Izak du Plessis, uitsaaier en joernalis by die SAUK, het Vrydag op sy Facebook-blad verskoning gevra dat hy ’n week gelede op dié platform gal gebraak het oor Foeta Krige, sy voormalige baas by die openbare uitsaaier.

Krige, ’n veteraan-uitsaaier van die Afrikaanse radiostasie RSG, is die skrywer van die onthullende boek The SABC 8.

Die boek wat Foeta Krige oor die SAUK-8 geskryf het.Foto: Facebook

Du Plessis het Krige daarvan beskuldig dat sy boek die indruk skep dat die RSG-nuuskantoor skuld het aan die dood van die joernalis Suna Venter in Junie 2017. Venter, een van die agt joernaliste wat deur die SAUK afgedank is nadat hulle beswaar aangeteken het teen die openbare uitsaaier se redaksionele beleid, is aan stresgeïnduseerde kardiomiopatie dood.

“Foeta Krige het ’n hele kantoor wat deel was van sy sukses as ’n redakteur, verloën. ’n Kantoor vol mense wat vandag huil. Elkeen van ons. F*k jou, Foeta Krige,” het Du Plessis onder meer geskryf. Hy het kort daarna sy inskrywing van sy Facebook-blad verwyder.

In Vrydag se inskrywing sê Du Plessis die manier waarop hy hom verlede week uitgedruk het, “is nie ’n toonbeeld van waardigheid nie”.

Du Plessis vra Krige ook verskoning dat hy in die inskrywing op hom gevloek het. “Ek erken ek kon die saak baie waardiger gehanteer het.

“Ek is regtig bitter spyt oor my optrede. Ivor Price (’n voormalige kollega) het ook aangedui dat hy my weens laster wil dagvaar en ’n grieweprosedure wil instel nadat ek hom ’n tweegatjakkals genoem het, tensy ek in die openbaar verskoning maak. Hiermee dus ’n openbare verskoning aan Ivor: Ek is jammer dat ek jou ’n tweegatjakkals in die openbaar genoem het.

“Met dit alles gesê, hoop ek ons kan die saak voortaan beredeneerd uitklaar en ek wil begin deur te sê: Dit is die grootste leuen dat my werkgewer, die SAUK, aandadig is aan Suna Venter se dood. Soos met enige mens is dit jammer dat sy dood is, maar dis niemand se skuld nie,” skryf Du Plessis.

Krige het Vrydag in reaksie op Du Plessis se apologie gesê hy is nie kwaad oor wat sy oudkollega op sosiale media kwytgeraak het nie. “Ek sal Izak graag in die oë wil kyk en met hom wil gesels. Die SAUK is ’n enorme organisasie wat in 2016, die tydperk waaroor my boek handel, baie anders daar uitgesien het as vandag. Dit was destyds ’n toksiese omgewing.”

Price het by navraag aan Netwerk24 gesê hy het geen kommentaar nie.

* Vuyo Mthembu, woordvoerder van die SAUK, wou nie enige kommentaar lewer of die openbare uitsaaier enige dissiplinêre stappe teen Du Plessis oorweeg ná sy uitlatings nie. “Die SAUK is nie in ’n posisie om werkgewer-werknemer-kwessies in die openbare domein te bespreek nie,” het sy gesê.

Meer oor:  Sauk  |  Foeta Krige  |  Ivor Price  |  Izak Du Plessis  |  Suna Venter  |  Sauk-8  |  Uitlatings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.