Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
SAUK gaan wel personeel verminder

Die SAUK het met ’n amptelike proses van herstrukturering van sy personeel begin om koste te sny.

Neo Momodu, woordvoerder, het bevestig daar is met ’n Seksie 189-proses begin ingevolge die Arbeidswet.

Madoda Mxakwe, groephoof van die SABC, het Vrydag met personeel vergader om die “haglike finansiële toestand van die SAUK” met hulle te bespreek, luidens ’n verklaring deur die SAUK.

Mxakwe het gesê die SAUK het ’n inkomste van R6,6 miljard teenoor ’n begroting van R7,3 miljard.

Daar is dus ’n gapende tekort van R709 miljoen.

Die SAUK het in die 2017/’18-boekjaar ’n verlies van R622 miljoen gely.

Die salarisrekening is nie volhoubaar as die SAUK se benarde finansiële situasie in gedagte gehou word nie.

Volgens die SABC is sy salarisrekening een van sy grootste uitgawes. Van die inkomste van R7,3 miljard word R3,1 miljard aan salarisse bestee.

“Die salarisrekening is nie volhoubaar as die SAUK se benarde finansiële situasie in gedagte gehou word nie,” sê die SAUK.

Daarom oorweeg hy kostebesparings.

Die volgende stap sal konsultasies wees met vakbonde.

Gerugte het sowat twee weke gelede ontstaan dat 800 poste by die SAUK gesny gaan word.

Verder is op sosiale media gesê die SAUK het reeds opgehou om kontrakte te hernu. Die afleggings het dus in der waarheid reeds begin, is op Twitter bespiegel.

Meer oor:  Herstrukturering  |  Salarisrekening  |  Sauk  |  Sabc
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.