Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
SAUK: Laaste afleggingsbriewe gestuur

Die laaste van die SAUK se 303 werknemers wat afgelê word, het Maandag en Dinsdag hul afleggingsbriewe ontvang.

Mmoni Seapolelo, die uitsaaier se waarnemende woordvoerder, het Dinsdagaand aan Netwerk24 bevestig dat daar op 16 November verlede jaar met dié afleggingsproses begin is.

“Die SAUK kan bevestig dat 303 werknemers hierdeur geraak word. Die getal spruit uit deeglike oorweging en ’n uitgebreide konsultasieproses om die oorspronklike getal werknemers wat geraak sou word van 600 tot 303 te verminder.

“Die SAUK het op 16 November die briewe begin uitstuur, en kan bevestig dat die laaste briewe Maandag en Dinsdag gestuur is,” het Seapolelo by navraag gesê.

Sy sê dit is belangrik om daarop te let dat die finale getal afleggings sal afhang van die getal werknemers wat vrywillige skeidingspakkette en vroeë pensioen kies.

Meer oor:  Afleggings  |  Sauk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.