Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
SAUK ruim gebou op ná diesel lek en 3 dampe inasem

Die SAUK hoop dat sy radio-gebou in Auckland Park in Johannesburg teen Maandag heeltemal veilig vir sy werknemers sal wees, sê Vuyo Mthembu, woordvoerder.

Radio Park is Woensdag ontruim nadat sowat 25 000 liter diesel tussen die 15de en 16de verdieping uit ’n onklaar kragopwekker gelek het.

“Ons verwag alle werknemers van dié gebou teen Maandag terug by die werk. So ons hoop dat die gebou dan weer veilig sal wees,” sê Mthembu.

Drie radiostasies, 5FM, MetroFM en Radio2000 sit hul uitsendings voort vanuit die ingangsportaal van die gebou, terwyl RSG en SAFM van die SAUK se televisie-sentrums gebruik maak.

Drie mense is vir die inaseming van dieseldampe behandel. Een is steeds in die hospitaal.

Mthembu sê die opruiming duur voort.

Die SAUK se Radiopark-gebou in Johannesburg is Woensdag ná ’n groot dieselstorting op twee verdiepings ontruim.Foto: Felix Dlangamandla

Meer oor:  Sauk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.