Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
SAUK saai nie toetsreeks teen Britse en Ierse Leeus uit

Miljoene Suid-Afrikaners sal nie die toetsreeks tussen die Springbokke en die Britse en Ierse Leeus wat môre afskop op televisie kan kyk nie.

SuperSport, wat deel is van MultiChoice, en die SAUK kon nie ’n ooreenkoms oor die uitsaairegte beklink nie.

Dié spesiale gebeurtenis, met die Leeus wat net elke 12 jaar na Suid-Afrika toer, kon dalk die land, wat ’n pynlike tyd weens die onlangse plundering en onluste beleef, soos met die 2019-Wêreldbekertoernooi in Japan verenig het.

’n Woordvoerder van MultiChoice sê hulle kan bevestig dat SuperSport die regte om die wedstryde uit te saai aan die nasionale uitsaaier aangebied het vir uitsending op hul TV-kanale SABC 1, SABC 2 en SABC 3.

“Dit is jammer dat hulle hierdie aanbod van die hand gewys het, veral omdat die uitsendings van die Springbokke op die kanale – insluitend die 2019-Rugbywêreldbeker-eindstryd in Tokio (en alle ander sportsoorte) – voorheen vir hulle aanvaarbaar was,” sê MultiChoice.

“Dit is veral verbasend omdat die SAUK net ’n week gelede ingestem het om die Afrika-sokkerkonfederasie (CAF) se Kampioenliga-eindstryd tussen Kaizer Chiefs en Al Ahly van Egipte op hierdie kanale uit te saai.”

Verlede week het die betaalkanaal en die nasionale uitsaaier ook kop gestamp oor die uitsaai van die CAF se Kampioenliga-eindstryd. Hulle het ’n ooreenkoms bereik nadat Stella Ndabeni-Abrahams, minister van kommunikasie en digitale tegnologie, betrokke geraak het.

Die SAUK het teen druktyd nie op navrae gereageer nie. News24 het vroeër vandeesweek berig Gary Rathbone, hoofbestuurder van Sport by die SAUK, het gesê SuperSport het ’n aanbod ter tafel gelê, maar die nasionale uitsaaier het verkies om nie die ooreenkoms te onderteken nie.

Volgens Rathbone was die SAUK nie tevrede met die bepalings en voorwaardes van SuperSport nie. Een van die bepalings was dat die SAUK die wedstryd eers uitsaai nadat die eindfluitjie geblaas het, aldus Rathbone.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.