Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
SAUK saai nou wel Bokke op radio uit

Die vroeëre aankondiging dat die SAUK nie kan bekostig om enige wedstryde van vanjaar se Wêreldbeker-rugbytoernooi uit te saai nie, het Vrydag ’n positiewe wending geneem.

Die openbare uitsaaier het in ’n mediaverklaring die goeie nuus bekend gemaak dat hy wel vier Springbokwedstryde op radio sal uitsaai, sowel as die twee halfeindstryde en die eindstryd.

Die Bokke skop Saterdag om 11:45 hul toernooi af teen die Nieu-Seelandse All Blacks, waarna hulle kragte meet teen die res van Groep B, naamlik Namibië, Kanada en Italië.

Luidens ’n verklaring deur die SAUK se woordvoerder, Vuyo Mthembu, sal regstreekse kommentaar oor RSG en Radio 2000 uitgesaai word, terwyl die Xhosa-radiostasie Umhlobo Wenene luisteraars met gereelde verslae deur die loop van die wedstryde op hoogte sal hou.

Dit beteken dat luisteraars van die Oos-Kaap nou ook in hul “seun”, Siya Kolisi, se groot oomblik as Bok-kaptein by die Wêreldbekertoernooi sal kan deel.

Terwyl die SAUK se droewige geldsake alombekend is, het die nuus dat hulle nie die Wêreldbekerwedstryde sal uitsaai nie nogtans as ’n skok gekom. Die uitsaaier het benadruk dat dit hopeloos te duur sou wees om uitsaairegte deur Multichoice/Supersport te bekom.

Vrydag se aankondiging dui daarop dat ’n ooreenkoms nou met die internasionale uitsaairegtemaatskappy IMG bereik is.

“Dit is omdat ons besef dat rugby ’n geliefde sport in ons land is,” het Sylvia Tladi, die waarnemende operasionale hoof by die SAUK gesê.

Dit sal steeds ’n verlies vir die uitsaaier beteken, het sy benadruk.

Meer oor:  Sauk  |  Japan  |  Wêreldbekerrugby  |  Bokke  |  Springbokke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.