Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
SAUK-sport: Om uit te saai of nie, dit is die vraag
Dit is nog onseker of die SAUK vanjaar Super- of Curriebeker-rugbywedstryde op sy radiostasies gaan uitsaai. Foto: Argief

Dit is nog onseker of rugbyliefhebbers vanjaar na wedstryde op hul draadloos sal kan luister.

Daar is Woensdagoggend berig oor ’n e-pos waarin Orapeleng Lebethe, SAUK Sport se bemarkingshoof, werknemers daarvan inlig dat daar nie uitsaairegte bekom is om Superrugby- en Curriebeker-wedstryde op Radio 2000 en RSG uit te saai nie.

In die e-pos word daar aangedui dat daar alternatiewe planne beraam moet word om luisteraars op hoogte van sake oor rugby te hou.

Op navraag het Lebethe egter ontken dat hy so ’n e-pos gestuur het en is alle navrae na Kaizer Kganyago, die SAUK se woordvoerder, verwys.

“Ek het geen idee waarvan jy praat nie. Ek het nooit so ’n e-pos gestuur nie – bel vir Kaizer as jy kommentaar soek,” sê hy.

Ondanks talle probeerslae, het Kganyago nie op ’n versoek om kommentaar gereageer nie.

Terrance April, programbestuurder van RSG, wou ook nie daaroor uitwei of rugby steeds dié stasie se golwe regstreeks gaan haal nie. Hy het óók alle navrae na Kganyago verwys.

Magdaleen Kruger, stasiebestuurder van RSG, het ook nie op ’n versoek om kommentaar gereageer nie.

Bronne binne die SAUK was lugtig om hul mening te gee.

“Ons het nog geen kommunikasie ontvang oor die uitsaai van rugbywedstryde nie,” sê ’n kommentator gesê.

Nog iemand na aan die sportbinnekringe van die uitsaaier sê hy wil geen kommentaar lewer nie.

Daar is vroeër berig die radio-uitsaairegte moet by SuperSport aangekoop word en volgens Clinton van der Berg, SuperSport se woordvoerder, is die sportuitsaaireus meer as gewillig om die regte aan die SAUK te verskaf.

“Dit was nog altyd vir ons ’n voorreg om radio-uitsaairegte vir die Curriebeker en Superrugby aan die SAUK beskikbaar te stel,” sê Van der Berg.

Jy moet die grootste DStv-pakket aanskaf om dit te kyk.

“Ons het weer eens die regte vir 2018 aan die SAUK beskikbaar gestel, maar die SAUK het aan ons gesê dat hul raad eers hul begroting moet goedkeur voordat hulle hulself tot die verkryging van die uitsaairegte kan verbind. Ons wag nog op finale terugvoering van die SAUK.”

Lesers van Netwerk24 sê die afwesigheid van rugby op die radio is ’n slag vir mense wat nie DStv kan bekostig nie. Dit druis ook teen die idee in om die sport meer toeganklik vir ’n groter gehoor te maak.

“Dit is ’n loutere skande dat die land se burgers geen toegang tot hul nasionale rugbyspan se wedstryde het as hulle nie betaal daarvoor nie,” sê Ben Bezuidenhout, ’n leser.

Bezuidenhout is ook omgekrap omdat dit die sak ruk om rugby op televisie te kyk.

“Jy moet die grootste DStv-pakket aanskaf om dit te kyk.

Geen wonder kykers se belangstelling verdof daagliks in die eksklusiewe sport nie. Sokker, daarenteen, is ’n ander storie.”

Stephen Nel, nog ’n leser, meen ontwikkeling in die sport sal stagneer as slegs sekere mense toegang daartoe het.

“Dis jammer. Hoe wil ons die sport ontwikkel en transformeer as jy net rugby kan kyk met ’n R1 000 p.m.-pakket of in ’n kroeg? Hoe ontwikkel jy talent as die talent nie eens weet hoe lyk die sport nie?” is sy kommentaar op die vroeëre berig.

Lees ook: Geen rugby vanjaar op SAUK se radiostasies

Meer oor:  Sauk  |  Rsg  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.