Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
SAUK vra verskoning vir blaps met Cyril-uitsending

Die SAUK het Donderdagaand verskoning gevra nadat die verkeerde weergawe van pres. Cyril Ramaphosa se voorafopgeneemde boodskap teen geslagsgeweld per ongeluk gebeeldsend is.

Ramaphosa spreek hom in die boodskap sterk uit teen die huidige vlaag van moorde en geweld teen vroue en kinders, sowel as die onlangse vlaag van anargie en geweld op veral buitelanders wat minstens tien lewens geëis het.

Volgens die SAUK is die korrekte weergawe van die boodskap wel op al hul radiostasies uitgesaai.

Die video, waarin Ramaphosa in ’n stadium sê dat hy ’n fout gemaak het en vra of hy weer kan begin, het Twitter aan die gons gehad.

Die gewilde Twitter-rekening @AdvBarryRoux het Ramaphosa daarvan beskuldig dat hy “dink hierdie hele ding is ’n grap”.

Sommige gebruikers het daarop gewys dat Jacob Zuma nog beskikbaar is (om Ramaphosa as president te vervang) en gesê dat hulle Zuma se leierskap mis.

Sommige gebruikers het Ramaphosa selfs van onbevoegdheid beskuldig, terwyl ander daarop gewys het dat almal foute maak en dit nie Ramaphosa se skuld is nie.

Sommige mense meen die feit dat Ramaphosa sy boodskap vooraf laat opneem het, wys dat hy “nie uit sy hart uit praat nie”.

Ramaphosa het vroeër Donderdag aan derduisende betogers voor die parlement se hekke in Kaapstad belowe dat hy bykomende noodmaatreëls gaan aankondig om geweld teen vroue en kinders te bekamp en dat dit moontlik tyd vir strenger wetgewing teen verkragters is.

Die SAUK sê in sy verklaring dat die openbare uitsaaier die voorval in ’n baie ernstige lig beskou en dat toepaslike stappe gedoen sal word.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.