Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
SAUK-werknemers vra dat bestuur herbesin
Die gemeenskap en EFF-lede in Kimberley het in solidariteit met werknemers betoog teen die skielike afleggings by die SAUK. Foto: Verskaf

Hoe moet jy vir jou familie verduidelik jy kan nie meer brood op die tafel sit nie en dit weens swak besluitneming deur topbestuur?

Dit is die vraag wat Reginald Witbooi, joernalis en waarnemende inhoudsredakteur van die SAUK in die Noord-Kaap, namens baie werknemers van die SAUK aan hul topbestuur vra.

Werknemers van die SAUK in Kimberley het Donderdag vreedsaam betoog teen die SAUK se besluit om 400 mense landwyd af te lê. Foto: Verskaf

Werknemers in die Noord-Kaap, gemeenskapslede en lede van die EFF, het Donderdagmiddag in solidariteit met die werknemers vreedsaam voor die SAUK in Kimberley betoog. Sowat 400 van die SAUK se 3 000 werknemers het afleggingsbriewe ontvang as deel van herstrukturering.

“Die SAUK se topbestuur moet sy plan vat, hom opskeur en terugkeer na die beplanningsbord, want hierdie manier van doen gaan nie werk nie,” sê Witbooi.

Hy sê die situasie en atmosfeer in hul kantore is angswekkend en emosioneel waar party kollegas al art. 189-briewe ontvang het en ander net wag dat dit voor hulle neergesit gaan word.

Werknemers het hul misnoeë uitgespreek oor wat binne die SAUK aangaan.

Hoe werk dit, dat jou hardste werkers, mense wat hul lewe lank, veral tydens die pandemie, hulself op die spel gesit het vir ’n maatskappy wat hulle weggooi asof ons niks is nie?
Reginal Witbooi

“Hoe werk dit, dat jou hardste werkers, mense wat hul lewe lank, veral tydens die pandemie, hulself op die spel gesit het vir ’n maatskappy wat hulle weggooi asof ons niks is nie? En aan hierdie bestuur word daar nie eers geraak nie?”

Witbooi sê dit gaan nie eers net oor hoe werknemers geaffekteer word nie, maar ook oor die gemeenskap.

“Die SAUK is die enigste instansie in die land wat nuus in al elf amptelike tale uitsaai.

“Daar is mense wat staat maak op ons beriggewing. Dit gaan nie net oor die werknemers nie, maar ook oor die mandaat en die produk wat ons aan Suid-Afrikaners moet lewer. Hulle is ons grootste verantwoordelikheid.”

Volgens Witbooi eis werknemers dat die bestuur hul opsies moet heroorweeg en met ’n beter plan vorendag kom.

Indien die SAUK nie hul afleggingsbriewe teen die einde van die werkdag Donderdag terug trek nie, sal daar Vrydag ’n landwye stilte op die SAUK se nuusstasies wees.

Meer oor:  Joernaliste  |  Afdankings  |  Sauk  |  Media
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.