Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
SAUK wil nie sê of afgedanktes welkom is

Dit is onduidelik of vier van die afgedankte SAUK-joernaliste wat Dinsdag ’n hofoorwinning behaal het, Woensdagoggend weer vir diens sal kan aantree.

Die arbeidshof in Johannesburg het Dinsdagoggend gesê Jacques Steenkamp, Krivani Pillay, Foeta Krige en Suna Venter is onwettig afgedank en hulle moet in hul poste heraangestel word.

Kaizer Kganyago, SAUK-woordvoerder. Foto: Andrew Mthimkhulu

Kaizer Kganyago, SAUK-woordvoerder, wou egter nie Dinsdagmiddag kommentaar lewer daaroor of die vier afgedanktes Woensdag by die werk verwelkom sal word nie.

Kganyago wou nie kommentaar lewer op die hof se uitspraak nie.

Hy het gesê die uitsaaier is nog besig om die uitspraak te “bestudeer ten einde die bevel te verstaan”.

Steenkamp, Krige, Pillay en Venter was onder die sogenaamde SAUK-8 wat verlede week afgedank is nadat hulle kapsie gemaak het teen die uitsaaier se beleid dat daar nie beeldmateriaal van gewelddadige betogings op die nuus uitgesaai mag word nie.

Lukhanyo Calata, Busi Ntuli en Thandeka Gqubule is ook afgedank en Vuyo Mvoko, wat op kontrakbasis gewerk het, se kontrak is opgeskort. Hulle het almal ook die hof genader en hul aansoeke moet nog aangehoor word.

In ’n uitspraak wat Dinsdagoggend deur regter André van Niekerk voorgelees is, het regter Rob Lagrange die interdik toegestaan wat beveel dat die SAUK nie met tugprosedures teen die vier joernaliste mag voortgaan nie.

Die SAUK moet ook die regskoste betaal.

Meer oor:  Hof  |  Sauk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.