Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Kaapse wind speel nie – kyk dié foto's!

Die Swart Suidooster het nie Vrydagmiddag in die Kaapse middestad gespeel nie.

Veral een muur buite die burgersentrum het baie aftrek gekry van mense wat in die verbygaan vir ’n wyle daar vasgeklou het uit vrees dat die Sedoos hulle kan skep.

Dit was net stof en sand in jou klere, hare en tande as jy dit gewaag het om jou voete buite te sit. Die wind het ook geen genade vir sonbrille gehad nie – en minstens een man kan daarvan getuig dat as dit van jou gesig af gaps word, sal jy dit nooit weer sien nie.

Middagete op straat was ook geen plesier nie, en stukkies Kentucky-hoender is uit hongeres se hande gewaai, terwyl die Kaapse Dokter ’n afleweraar se houer agterop sy motorfiets afgepluk en straat af gestuur het.

Volgens Lauren Smith, weervoorspeller by die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAWD) het die wind Vrydag tussen 50 km/h en 60 km/h gewaai.

Die wind waai Vrydag stof en sand die wêreld vol.Foto: Jaco Marais
Help, suster, die wind waai ons weg vandag! Mense probeer Vrydag om ’n kruising in die middestad van Kaapstad in die wind oor te steek. Foto: Jaco Marais
Die Suidooster speel nie as dit eers begin waai nie.Foto: Jaco Marais
Help ’n bietjie daar! Die afleweraar moes gehelp word om sy motorfiets uit die pad te kry terwyl die wind sy helper probeer ontklee. Foto: Jaco Marais
Voetgangers vorder klou-klou in die wind. Foto: Jaco Marais
Mense koek Vrydag saam om ’n muur voor die burgersentrum wat groot aftrek in die Suidooster gekry het. Ook die pale en padtekens is vir omhelsings uitgesonder. Foto: Jaco Marais

Meer oor:  Kaapstad  |  Wind
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.