Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Opkikkers gekry by kaptein wat glo stink na drank

’n Polisiekaptein – in ’n sweetpak en pantoffels en ’n asem wat glo “vrot van die drank” – was na bewering nie baie beïndruk toe lede van die publiek kort voor die naweek sy voertuig van die pad af gedwing het nie.

Foto ter illustrasie. Foto: Ter illustrasie, Netwerk24

Volgens ooggetuies het sy toestand verklaar waarom die vangwa, gemerk as “Pops (openbare orde-eenheid) Johannesburg”, Donderdagmiddag minstens een rooi verkeerslig verontagsaam en heen en weer oor die pad geswaai het.

Konst. Matsobane Mabusela, polisiewoordvoerder, het Sondag bevestig dat hy reeds Vrydag in die landdroshof in Pretoria-Noord verskyn het.

Mabusela kon egter nie oor die naweek vasstel of die beskuldigde intussen op borgtog vrygelaat is of sy naam bevestig nie en het onderneem om dit Maandag op te volg.

Omstanders, wat anoniem wil bly, beweer die bestuurder van die vangwa was so ’n gevaar op die pad dat die bestuurders van twee groot voertuie – ’n minibus-taxi en ’n Land Rover – dit op die hoek van Rachel de Beer-straat en Willem Cruywagen-laan in Akasia, noord van Pretoria, van die pad af gedwing het.

“Iemand het intussen ook die polisie ontbied, want die man agter die stuurwiel moes uitgehelp word toe die voertuig tot stilstand gedwing is. Hy was aggressief en het hom teengesit,” beweer een ooggetuie.

’n Ander beweer dat die man se tong gesleep het teen die tyd dat hy as ’n kaptein geïdentifiseer is.

“Sy oë was bloedbelope en hy het rondgeval terwyl die Pretoria-Noord-polisielede hom probeer boei het.”

Buiten vir ’n R5-geweer met ’n gelaaide magasyn agter die vangwa se sitplek, is seksopkikkerpille, glase en ’n bottel Johnnie Walker-whisky na bewering ook in die vangwa gevind.

“Sy koeëlvaste baadjie was ook in die vangwa. Dis ysingwekkend dat iemand wat in die polisieman se toestand was, so gewapen in die strate rondry,” het ’n ander bron beweer.

Die kaptein is op die toneel in hegtenis geneem op ’n aanklag dat hy in besit was van ’n outomatiese vuurwapen terwyl hy onder die invloed van drank was, asook op klagte van dronk- en roekelose bestuur.

Bloed is getrek om sy bloedalkoholvlak te bepaal. Die uitslae sal eers later beskikbaar wees en maak deel van die ondersoek uit.

Die kaptein het Donderdagaand in die Pretoria-Noord-polisiekantoor se aanhoudingsel deurgebring.

Meer oor:  Johannesburg  |  Dronk  |  Dronkbestuur  |  Whisky
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.