Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Seksuele jagters neem toe, sê sielkundiges
Van links is pres. Donald Trump, Harvey Weinstein en Bill O’Reilly op vandeesweek se voorblad van The Week. Foto: Twitter

Seksuele jagmakers is in Suid-Afrika aan die toeneem, al word dit nie in hofsake weerspieël nie, sê sielkundiges.

Esté Pistorius, ’n sielkundige en lewensafrigter van Bloemfontein, sê hierdie soort gedrag is aan die toeneem en begin dikwels op sosiale media, waar vroue dit nie dadelik stopsit nie.

Antoinette Nicolaou, ’n kliniese sielkundige van Pretoria, sê daar is beslis ’n toename en dit gebeur meer gereeld as waarvan die publiek bewus is.

“Sulke gevalle is baie algemeen. Tog bly vroue dikwels stil daaroor weens ’n skuldgevoel.

“ ’n Beweging het in Hollywood begin vir vroue om nie langer stil te bly nie en om hulle te bemagtig.”

Dit volg op die Oscar-bekroonde aktrise Emma Thompson wat die Hollywood-rolprentvervaardiger Harvey Weinstein ’n “boelie en roofdier” genoem het.

Weinstein, pres. Donald Trump van die VSA en Bill O’Reilly, ’n TV-aanbieder, word almal van vermeende seksuele teistering en/of aanranding beskuldig, oftewel dat hulle sexual predators is, en dat die gedrag in sommige gevalle glo oor jare heen strek.

Die Amerikaanse tydskrif The Week het vandeesweek op sy voorblad ’n karikatuurskets van dié drie, waarin hulle in hul nagklere is, gepubliseer. In ’n opskrif vra die tydskrif waarom magtige mans met seksuele misbruik wegkom.

Renier Naudé, ’n Bloemfonteinse sielkundig, sê dié gedrag word in die Rosestad dikwels onder prokureurs gesien.

Cornelius Victor, ’n kliniese en navorsingsielkundige van Kaapstad, sê dit is bekend dat Suid-Afrika van die meeste geslagsgeweld ter wêreld het.

“Die slagoffers is gereeld die vroue wat saam met die prokureur werk. Soms is dit ’n vorm van emosionele verkragting. Om oorheersing te wys oor wie hy mag het. Hulle het dikwels ’n spesifieke teikengroep,” sê Naudé, wat dikwels met seksuele oortreders werk.

Volgens Pistorius en Naudé is die persoonlikheidsoort wat dikwels daarmee verbind word dié van narsisme en gaan dit daaroor om mag uit te oefen. Trump word deur baie mense as ’n narsis bestempel.

“As die vrou nie haar samewerking gee nie, word sy geviktimiseer of tot ’n punt gedryf om te bedank,” sê Naudé en voeg by daar word selde aanklagte ingedien.

“In vyf jaar het ek net twee of drie gevalle gehad waar ’n saak aanhangig gemaak is. Sou die vrou daarmee voortgaan, sal die beskuldigde die lewe vir haar ondraaglik maak. Dis boonop moeilik bewysbaar, dis meestal sy woord teen joune.

“Dan is die beskuldigde nie bang om homself te verdedig nie, want hy weet die syfer vir skuldigbevinding is baie laag, ongeveer 17%, toon die jongste navorsing.”

Cornelius Victor, ’n kliniese en navorsingsielkundige van Kaapstad, sê dit is bekend dat Suid-Afrika van die meeste geslagsgeweld ter wêreld het.

“In Suid-Afrika is daar ’n sterk patriargie met mans wat voel dit is hul reg om gewelddadig op te tree. Ek vind daar is meer vroue wat by sielkundiges of maatskaplike werkers aanklop, maar weens kwessies soos die polisie wat dit nie sensitief genoeg hanteer nie, word dit nie altyd aangemeld nie.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.