Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Senekal: ‘Die wagwoord was kalmte’
Die EFF-leier, Julius Malema, spreek ’n skare in rooi klere toe. Foto: Mlungisi Louw

Dit was baie amper of bloed het in Senekal se strate gevloei in ’n halfuur van hoogdrama toe EFF-vegters en lede van die boere-ondersteunersgroep van aangesig tot aangesig teen mekaar te staan gekom het.

“Kill the Boer, kill the farmer!” het omgekrapte EFF-lede geskree en met die vinger oor die keel vir die boere gewys. Baie van hulle het kieries, gholfstokke en hokkiestokke by hulle gehad.

Net een verkeerde beweging, een vuurwapen wat getrek word, een stuk haatspraak aan enige kant en daar kon ’n bloedbad wees.

senekal
Foto: 'n Betoger met 'n kruis Vrydag in Senekal. Mlungisi Louw

Tussen die manne in rooi en die manne in kakie was daar ’n dun lyn EFF-beamptes en ’n stuk of vyf oud-kommandolede aan die boere se kant. En drie polisiebeamptes.

Die twee groepe het in mekaar se gesigte gepraat. Daar was handbewegings en paar harde woorde. Die boere het doodstil gestaan toe die EFF-golf dreig om hulle te oorspoel.

“In die naam van die Here beveel ek julle om terug te val!” het die pastoor van die Dogs of War-bikers geskree.

Daarna het die boere-ondersteuners die “Onse Vader” gesing met die mense in rooi wat die groep boere omsingel het.

Terwyl Julius Malema, die EFF-leier, in die hof was waar die twee vermeende moordenaars van Brendin Horner van Paul Roux verskyn het, het gemoedere so byna in die strate oorgekook.

In die naam van die Here beveel ek julle om terug te val!

Maj. André Nel, leier van die Kommandokorps (oud-kommandolede in bruin uniform), het doodrustig die EFF-lede in die oë gekyk.

“Hulle het gesê ons moet waai. Ons het hulle vermoor en ons moet weggaan anders gaan hulle dit met ons doen, Hulle gee ons ’n laaste kans.

Julius Malema dans aan die einde van die dag in Senekal terwyl hy ’n strydlied sing.Foto: Charles Smith

“Die beste was om dit net te ignoreer. Daar was darem een of twee manne wat ’n bietjie redelik was met wie ons kon praat. Hulle het die groep probeer terughou.”

Nel sê die wagwoord toe was kalmte.

“Ons geheim om te keer dat gemoedere oorkook was kalmte en baie gebede in die tyd vooraf. Dit was die wagwoord. Ons het geweet hulle gaan konfrontasie soek.

“Niemand kan dit wat hulle wil hê, bekostig nie. Hulle wil hê anargie moet uitbreek in die land soos wat hul leier verkondig. Dit is nie wat ons wil hê nie. Ons wil vrede hê vir elke mens wat hier bly. Dit geld hulle ook. As hier vandag iets gebeur het, sou dit oorgespoel het na die res van die land. Dit kan ons nie bekostig nie.”

Kort daarna was daar wel gewelddadige optrede toe ’n splintergroep EFF-lede teruggetrek het en die Dogs of War-bikers wou ry. Klippe het gevlieg.

Spanning het hoog geloop toe die EFF-mense die motorfietsryers wou keer om Senekal te verlaat. ’n Groot groep EFF-lede het die straat versper en klippe en bakstene begin gooi. Twee boere-ondersteuners het op die EFF-lede gevloek.

Nog klippe en bakstene het deur die lug gevlieg. Joernaliste en fotograwe moes koes om nie getref te word nie . . .

EFF-ondersteuners in Senekal se strate met die kerktoring in die agtergrond. Foto: Anena Burger

Meer oor:  Senekal  |  Brendin Horner  |  Plaasaanvalle
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.