Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Senior aanklaer ontvang Enock Mpianzi-dossier

Die senior aanklaer in Brits, Noordwes, het die dossier oor die dood van Enock Mpianzi (13) ontvang.

Volgens Phindi Mjonondwane, woordvoerder van die nasionale vervolgingsgesag, is die inhoud van die dossier nie bekend nie.

Die aanklaer wag nog op ’n forensiese verslag van die Gautengse departement van onderwys.

Familielede van Enock Mpianzi bring op 28 Januarie 2020 hulde aan hom op ’n roudiens by die Parktown Boys’ High in Johannesburg. Foto: Gallo Images

Mjonondwane sê die saak sal dan vir ’n besluit oor vervolging na die kantoor van die Noord-Gautengse direkteur van openbare vervolging verwys word.

Die 13-jarige Mpianzi het op 15 Januarie in die Krokodilrivier by die Nayti Bush Lodge naby Brits verdrink tydens ’n graad 8-oriënteringskamp van die Parktown Boys’ High School van Johannesburg.

Hy is die laaste keer gesien toe ’n vlot enkele ure nadat die leerlinge by die kamp aangekom het, omgeslaan het.

Een van die bevindings in die forensiese verslag, wat in opdrag van die onderwysdepartement opgestel is, was dat die skool en die lodge nalatig was met die hantering van die leerlinge op die kamp.

Ander verdoemende onthullings sluit in dat ’n akkurate lys van die leerlinge teenwoordig, wat aanvanklik met hul vertrek by die skool opgestel is, nie later op die kampeerterrein beskikbaar was nie. Dit het met die verdwyning van Mpianzi tot verwarring gelei oor wie by die kamp was en wie nie.

Ander belangrike bevindings het betrekking gehad op die watervlak van die rivier en dat die leerlinge nie reddingsbaadjies gedra het nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.