Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Ses maande later en Neels van Jaarsveld is steeds verlief

Ses maande nadat die akteur Neels van Jaarsveld (42) uit ’n klomp deelnemers aan sy realiteitstelevisiereeks die skoonheidsterapeut Florinda Hearns (26) as sy meisie gekies het, is die paartjie steeds smoorverlief.

Neels en Florinda. Foto: Facebook

Florinda, van die Wes-Rand, was een van die deelnemers aan kykNET se maatsoekreeks Op my eish.

Neels woon in Botrivier in die Wes-Kaap. Dit verg dus meet en pas om mekaar gereeld te sien.

Florinda was verlede week in die Kaap waar sy en Neels vir Lydia, sy ma, op haar verjaardagpartytjie by haar huis in Rawsonville verras het.

Lydia praat met groot lof van die vrou wat haar seun se hart gesteel het.

“Sy is ’n baie, baie kwaliteit- pragtige mens. Ek het haar al ontmoet as hulle saam gekuier het, en ek kan net sê sy is ’n baie volwasse, pragtige vrou. Ek dink hulle ondersteun mekaar baie mooi. Dis ’n baie mooi en spesiale verhouding,” sê sy.

Die Covid-19-reisbeperkings het dit vir hulle moeilik gemaak, maar noudat hulle vry is om te reis geniet hulle dit om mekaar te sien. “Hulle probeer soveel moontlik tyd bymekaar deurbring,” sê Lydia. “Sy is maar baie besig in haar werk, en Neels het ook baie werk, maar hulle kom gereeld bymekaar – hulle doen baie moeite.”

Florinda is ook die ma van ’n kleuter.

Hulle het blykbaar nog nie planne om nader aan mekaar te trek nie.

Toe die verfilming van Op my eish op 27 Februarie afgehandel is, het Neels ewe romanties ’n gedig aan Florinda voorgelees voordat hy haar gevra het of sy ’n toekoms saam met hom wil aanpak. Haar antwoord was ’n onomwonde ja.

Hy het bygevoeg dat hy verlig is om te sê hy glo liefde bestaan nog.

Hulle moes hul verhouding toe stil hou totdat die slot-episode van die reeks in Julie uitgesaai is.

“Jis, dit was een van die grootste uitdagings van my lewe om ons verhouding stil te hou,” het Neels destyds aan Huisgenoot gesê. “Ja, ek het liefde gevind, maar ek kon haar nog nie vir die wêreld wys nie.”

Noudat hulle nie meer die kollig hoef te vermy nie, kies hulle steeds om uit die openbare oog te bly. Trouens, die enigste foto van hulle saam wat in die openbare domein is, is dié wat kort ná die einde van die reeks tydens media-onderhoude geneem is en dié wat eers op kykNET se sosiale media geplaas is.

“Hulle is maar baie versigtig,”’ sê Lydia.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.