Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Ses pitbulls verskeur tuinier

’n Man wat vandeesweek deur ses pitbulls verskeur is, is dood.

Die slagoffer, wat vermoedelik iets in die 30 was, is Dinsdagoggend by ’n huis in Ruimsig, Roodepoort, aangeval waar hy sowat drie jaar as tuinier gewerk het.

“Hy is deur ses honde aangeval, maar dit is nie duidelik wat voor die aanval gebeur het nie,” sê kapt. Balan Muthan, polisiewoordvoerder.

Paramedici van ER24 het omstreeks 12:00 opgedaag, maar inspekteurs van die Dierebeskermingsvereniging (DBV) in Roodepoort/Krugersdorp moes die honde eers verwyder voordat hulle by hom kon uitkom.

Die DBV het in ’n verklaring op Facebook gesê by hul inspekteurs se aankoms het die man in die tuin gelê. Hy was omring deur ses pitbulls wat hom verskeur het.

“Die hek is onmiddellik van die spoor gehaal en ons inspekteurs het by die eiendom ingery en die honde met hul voertuie se sirene en toeters verjaag.

“Twee inspekteurs het uit die voertuie gespring en die ernstig beseerde man sagkens opgetel en hom agterin ’n DBV-voertuig geplaas.

“Die honde het die inspekteurs en die ernstig beseerde man aanhoudend bestorm. Ons derde inspekteur het sy hande vol gehad om die honde te vang.”

Die tuinier het verskeie bytwonde gehad en het aanvanklik geen teken van lewe getoon nie.

Paramedici kon sy asemhaling aan die gang kry en het hom volgens Russel Meiring, ER24-woordvoerder, na die Leratong-hospitaal in Krugersdorp gebring.

Hy is Woensdag aan sy beserings dood.

Die eienaar het vier van die pitbulls aan die DBV oorhandig om hulle van kant te maak.

Die polisie doen ’n geregtelike doodsondersoek.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.