Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Agt sterf in grubotsing op N1

Agt mense is Sondagmiddag in ’n gru-botsing op die N1 tussen Sasolburg en Kroonstad in die Vrystaat dood.

Simon Zwane, woordvoerder van die Padverkeersbestuursorganisasie, sê drie voertuie, ’n vragmotor, ’n minibus en ’n ligte afleweringsvoertuig, was in die ongeluk omstreeks 14:15 betrokke.

Die ligte afleweringsvoertuig het voor die vragmotor op die N1 in die rigting van Johannesburg gery en skielik gerem.

Volgens Zwane moes die vragmotorbestuurder ook vinnig rem aanslaan om ’n ongeluk te probeer voorkom, maar hy het van agter teen die afleweringsvoertuig gebots.

Die bestuurder het beheer oor die vragmotor verloor en in die aankomende verkeer ingeploeg waar dit teen die minibus, wat na Kroonstad onderweg was, gebots het.

Agt mense is op die ongelukstoneel dood. Dit is nog onduidelik hoeveel mense beseer is, het Zwane Sondagmiddag laat gesê.

Die beseerdes is na hospitale in die omgewing gebring. Een is per noodhelikopter na ’n hospitaal gebring.

Hou Netwerk24 dop vir meer inligting.

Die minibus wat Sondagmiddag in ’n ongeluk op die N1 buite Parys in die Vrystaat betrokke was.Foto: TWITTER/Padverskeersbestuurkorporasie
Die N1 buite Parys was Sondagmiddag vir verkeer gesluit ná ’n ongeluk waarin ses mense dood is. Een van die beseerdes is per helikopter na ’n hospitaal gebring. Foto: TWITTER/Padverkeersbestuurkorporasie
Meer oor:  Parys  |  N1
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.