Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Longontsteking eis seun (10) ná landloop

’n Tienjarige skoolseun van Krugersdorp aan die Wes-Rand het Sondag aan longontsteking gesterf nadat hy Donderdag ná ’n landloopbyeenkoms siek gevoel het.

Connor Willson van die Laerskool Kenmare is Vrydag dokter toe en het medisyne ontvang. Hy het egter net sieker geword en is uiteindelik Saterdag in die hospitaal opgeneem, waar hy Sondagmiddag gesterf het.

“ ’n Virus het sy organe in so ’n mate aangeval dat een van sy longe platgeval het. Sy liggaampie was so afgetakel van die virus en hy kon nie weerstand bied nie,” sê past. Callie Venter van die Connexo-gemeente.

Hy het die dag van Connor se dood sy ouers in die hospitaal besoek en met die personeel gepraat.

“Dit is nie varkgriep nie,” sê Venter oor aanvanklike vrese dat sy dood weens ’n uitbreking van die H1N1-griepvirus kan wees.

Connor Willson (10)Foto: Facebook/Laerskool Kenmare Amptelik

Luidens ’n brief wat die Laerskool Kenmare Maandag aan die ouers gestuur het, het Connor se ma, Reinette, aan die skool bevestig dat hy aan longontsteking dood is.

Die longontsteking het ’n tekort aan suurstof veroorsaak en dit het tot ’n ineenstorting van sy organe gelei, aldus mev. Willson se terugvoering, lui die brief.

Venter het Connor as ’n ongelooflike kind beskryf.

“Hy het elke Sondagoggend aan sy ma gekarring om hom by die kinderkerk te kry. Hy was lief vir praise and worship.

“Connor was ’n borrelende kind en nou is hy skielik oorlede. Dit is ’n verlies vir die kinderkerk.

“Dit is min dat jy ’n kind van daardie ouderdom kry wat só lief vir die Here en die kerk is.”

Connor se begrafnisdiens word Donderdag om 10:00 in die Connexo-kerk in Krugersdorp gehou.

Meer oor:  Krugersdorp  |  Longontsteking
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.