Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Seun (11) steeds soek wat verdwyn in see
’n Lugfoto van Blouwaterbaai en die Swartkopsriviermond. Foto: Facebook

* Die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) het Sondagmiddag in 'n verklaring gesê die soektog deur die polisie se honde-eenheid met die hulp van die NSRI, Coastal Water Rescue en die Bluewater Bay-lewensredders, het nog niks opgelewer nie.


Die soektog na ’n 11-jarige seun wat oor die naweek in die see by Blouwaterbaai in Port Elizabeth vermis geraak het, duur voort.

Takudzwa Meke (11) is volgens die polisie se inligting Saterdagmiddag omstreeks 18:00 deur ’n sterk sleurstroom by die see naby die Swartkopsriviermonding ingetrek.

Hy het onder die water verdwyn en was nog nie weer gesien nie.

Volgens kapt. André Beetge, polisiewoordvoerder, word beweer dat Priska Kamuzunga, Takudzwa se ma, saam met hom en haar twee dogters Saterdagmiddag by die strand gestap het toe hulle besluit om hul gesigte in die see se water af te spoel.

“Skielik, terwyl die ma haar gesig gewas het, het haar een dogter geskree dat haar seun by die see ingetrek word. Toe sy opkyk het sy glo gesien hoe haar seun dieper in die see wegraak soos hy deur ’n stroom ingetrek word,” het Beetge gesê.

Plaaslike menseredders en die polisie het onmiddellik na die seun begin soek, maar het Saterdagaand teen donker die soektog afgelas.

Sondagoggend kort voor 06:00 het die soektog hervat met die samewerking van die polisie, hul helikopter, die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) en die plaaslike menseredders.

Die NSRI se woordvoerder, Craig Lambinon, het later Sondagoggend gesê ondanks ’n uitgebreide soektog was hul soektog tot dusver nog onsuksesvol.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.