Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Seun (12) ry ma per ongeluk dood

’n Ma (39) van Kathu in die Noord-Kaap is Donderdagaand in ’n fratsongeluk deur haar 12-jarige seun doodgery.

Kol. Mashay Gamieldien, polisiewoordvoerder, sê die voorval het omstreeks 17:15 by die gesin se huis in ’n gegoede buurt van Kathu gebeur.

Die vrou, ’n ma van vier minderjarige kinders, het na bewering haar oudste seun gevra om een van die gesin se voertuie, ’n Toyota Land Cruiser, te skuif.

Die vrou het glo vir haar seun aangedui tot waar hy in trurat die Land Cruiser moes beweeg toe hy per ongeluk op die versneller getrap het.

Die vrou is tussen twee voertuie vasgedruk.

Paramedici wat hulle na die toneel gehaas het, het alles in hul vermoë probeer om die vrou se lewe te red, maar sy is op die toneel dood verklaar.

Die vrou se man was tydens die voorval uitstedig.

Gamieldien sê die polisie in Kathu is besig met ’n geregtelike doodsondersoek na die voorval.

Meer oor:  Doodry  |  Kathu  |  Fratsongeluk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.