Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Seun (12) van Tulbagh sterf in vliegongeluk, pa beseer

’n Uitstappie na ’n saamtrek van sportvliegtuie het tragies geëindig toe ’n pa in ’n vliegongeluk ernstig beseer en sy seun dood is.

Van links is die Theron-gesin: Jean-Pieter, Daniël, Stephan, Daniël jr. en Annelie.

Daniël Theron (12) en sy pa, ook Daniël (50), het volgens hul familie die naweek die saamtrek by die Gariepdam bygewoon. Hulle het in ’n groep gevlieg toe die vliegongeluk Maandag net buite Laingsburg gebeur het.

“Niemand het gesien wat gebeur het of wat die ongeluk veroorsaak het nie,” sê die familie.

Daniël was ’n gr. 7-leerling aan die Rijk Tulbagh Private Skool, waar sy pa die beheerliggaamvoorsitter is.

Volgens inwoners is almal geskok oor wat gebeur het. Die ondervoorsitter van die skoolbeheerliggaam het alle navrae na die familie verwys.

Theron, die eienaar van die Malan Boerdery in Tulbagh, is ernstig beseer in die ongeluk en word in die Mediclinic Worcester behandel. Hy is nog onder verdowing en die familie kon nog nie met hom praat nie.

Kapt. Malcolm Pojie, polisiewoordvoerder, sê hulle doen ’n geregtelike doodsondersoek nadat die mikroligte vliegtuig Maandag omstreeks 14:30 op ’n plaas sowat 12 km buite Laingsburg neergestort het.

Volgens Pojie is noodpersoneel ontbied en het hulle op vliegtuigwrakstukke afgekom. Theron, die vlieënier, het ernstige brandwonde opgedoen en is met ’n lugambulans na ’n hospitaal in Worcester geneem.

Daniël was in die vliegtuig vasgekeer en het verskeie beserings opgedoen. Hy is op die toneel dood verklaar.

Die oorsaak van die ongeluk moet nog vasgestel word en volgens Pojie is die saak ook aan die Burgerlugvaartowerheid (BLO) oorhandig.

Kabelo Ledwaba, woordvoerder van die BLO, sê hul ondersoek het reeds begin na die ongeluk waarin die Magni Gyro-sportvliegtuig betrokke was.

“Daar is nie in dié stadium meer inligting nie. ’n Voorlopige verslag sal binne 30 dae uitgereik word,” sê Ledwaba.

Daniël word ook deur sy ma, Annelie, en twee broers, Jean-Pieter (18) en Stephan (21), oorleef. Geen begrafnisreëlings is nog bekend nie.

Meer oor:  Tulbagh  |  Kind Dood  |  Daniël Theron  |  Laingsburg  |  Vliegongeluk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.