Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Seun (12) wat verdwyn in see, steeds soek
Ter illustrasie

Daar word gesoek na ’n 12-jarige seun wat Saterdag vermis geraak het in die branders by die Strand.

Craig Lambinon, woordvoerder van die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI), sê die seun is Saterdagmiddag laas gesien toe hy saam met ’n groep maats geswem het voordat hy deur ’n brander getref is.

Volgens ooggetuies het die seun in die moeilikheid beland en onder die water verdwyn.

Reddingswerkers is omstreeks 14:36 ontbied na die toneel waar die seun vermis geraak het.

’n Reddingsboot het die see ingevaar en ’n polisiehelikopter is ingeroep om te help soek, sê Lambinon.

Die soektog deur polisieduikers en reddingswerkers gaan voort. Lede van die nooddienste, polisie, brandweerdienste en ’n lugambulans is ook op die toneel.

Die seun se familie word deur traumaberaders bygestaan.

Meer oor:  Strand  |  Seeredding
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.