Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Seun (15) hang hom glo by inisiasieskool

Ses jong mense is reeds dood nadat die inisiasie-seisoen in November in die Oos-Kaap begin het.

Een seun (15) is dood nadat hy homself glo by ’n inisiasieskool gehang het.

Mamnkeli Ngam, woordvoerder van die departement van samewerkende regering en tradisionele sake (CoGTA), sê alles dui daarop dat Siyabonga Njiva, van Port St. Johns, sy eie lewe geneem het.

“Dit was ’n onwettige inisiasie en die voorval is by die polisie aangemeld.”

Ngam sê die voorval word ondersoek.

Nog ’n jong man, van dieselfde inisiasieskool as dié van Anele, is kort ná Anele se dood in ’n hospitaal in Flagstaff opgeneem waar hy steeds behandeling ontvang.

Hy sê die ander vyf voorvalle was in die O.R. Tambo- en die Joe Gqabi-distriksmunisipaliteit.

Een van die jong mense wat dood is, was jonger as 18.

Anele Nyawuse (17) is by ’n inisiasieskool in die O.R. Tambo-distriksmunisipaliteit dood. Ngam sê ’n lykskouing sal gedoen word om die oorsaak van Anele se dood te bepaal.

Nog ’n jong man, van dieselfde inisiasieskool as dié van Anele, is kort ná Anele se dood in ’n hospitaal in Flagstaff opgeneem waar hy steeds behandeling ontvang.

Sibuyise Somkoko, wat blykbaar onwettig saam met ’n groep jong mense by ’n inisiasieskool in die O.R. Tambo-distriksmunisipaliteit was, is glo dood nadat sy wonde septies geraak het.

Ngam sê ook dié voorval is by die polisie aangemeld.

Meer oor:  Cogta  |  Oos-Kaap  |  Selfdood
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.