Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Seun (15) vermis ná hy by vriend gaan kuier

’n Tienerseun word gesoek nadat hy die afgelope naweek by ’n vriend in Port Elizabeth gaan kuier het en nie weer gesien is nie.

Volgens die polisie se inligting is Luvuyo Mbixo (15) Saterdag weg sy ouerhuis in Motherwell om vir ’n vriend in KwaNoxolo te gaan kuier.

Sy familie het na hom begin soek toe hy nie teruggekom het nie. Hy kon nie opgespoor word nie en is Woensdag as vermis aangemeld.

Kapt. Sandra Janse van Rensburg, polisiewoordvoerder, sê sy familie ken nie die betrokke vriend nie en weet ook nie waar hy in KwaNoxolo woon nie.

Luvuyo is laas gesien in ’n grys sweetpakbroek, bruin trui en grys tekkies.

Enigiemand met inligting kan sers. Nomfundiso Vazi by 071 475 1724 bel.

Luvuyo Mbixo wat sedert Saterdag vermis is.
Meer oor:  Port Elizabeth  |  Vermis
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.