Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Seun (16) kan steeds nie self asemhaal ná hoeweaanval

’n Tienerseun wat in die rug geskiet is toe rowers hom en sy gesin oorval het op hul kleinhoewe in Muldersdrift, kan nog nie op sy eie asem haal nie.

Dylan (16) en sy pa Johan Venter is Dinsdagoggend omstreeks 03:30 geskiet toe rowers die agterdeur van die huis oopgebreek het.

polisie Foto:

Samantha Barale, woordvoerder van die Muldersdrift-gemeenskapspolisiëringsforum, sê Dylan is steeds in ’n ernstige toestand in die Helen Joseph-hospitaal.

“Hy is aan ’n asemhalingsmasjien gekoppel. Die koeël het van sy organe beskadig,” het Barale Vrydag gesê.

“Dylan is sterk, hy veg hard. Dit gaan goed met die familie, onder omstandighede.”

Venter wat in die bors geskiet is, is Donderdag uit die hospitaal ontslaan.

Netwerk24 het vroeër berig die Venter en Dylan het wakker geskrik van ’n geraas by die agterdeur. Hulle het opgestaan en wou keer dat die rowers die huis plunder. Albei is geskiet voordat die rowers met ’n televisie van die toneel gevlug het. Dylan se ma, Lindi, is tydens die voorval per ongeluk deur die gesin se pitbull-honde gebyt.

Barale sê die gesin is dankbaar vir al die gebede.

“Hulle glo dit is juis dié gebede wat hul seun en die hele gesin deurdra.”

Rupert van Zyl, ondersoekbeampte, sê niemand is nog in hegtenis geneem nie. Die ondersoek duur voort.

Meer oor:  Muldersdrift  |  Rowers  |  Geskiet  |  Tienerseun  |  Hoewe  |  Plaasaanval
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.