Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Seun (2) dood toe motor vir koedoe uitswaai

’n Tweejarige seun is Vrydag dood in ’n motorongeluk op die N9 toe sy pa vir ’n koedoe moes uitswaai.

Charles Bramwell, woordvoerder van die Oos-Kaapse verkeersdepartement, sê die ongeluk het net ná 03:00 op die N9, sowat 20 km voor Graaff-Reinet, gebeur.

Volgens Bramwell het die gesin van die Wes-Kaap na die Oos-Kaap gereis toe die bestuurder van die VW Polo vir ’n koedoe uitswaai en beheer oor die voertuig verloor.

Die seun is opslag dood en sy ouers is in die Midlands-hospitaal opgeneem.

Kapt. Bradley Rawlinson wou nie Vrydag die seun se naam bekend maak nie.

’n Klag van strafbare manslag word ondersoek.

Meer oor:  Graaff-Reinet  |  Motorongeluk  |  Sterfgeval
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.