Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Seun (4) sterf ná hondaanval

Die polisie in Oudtshoorn ondersoek die voorval nadat ’n vierjarige seun deur die gesin se labrador verskeur is.

Volgens kapt. Malcolm Pojie, polisiewoordvoerder, is Peter Frans in die hospitaal dood kort nadat die labrador hom Saterdag net voor 22:00 aangeval het.

Die kind het na bewering op die werf van hul Bridgton-huis gespeel toe die voorval plaasgevind het.

“Hy is in die gesig en aan die nek gebyt. Sy ouers het die bloed met ’n handdoek probeer stop en hom na die Oudtshoorn-hospitaal gebring, waar hy kort daarna oorlede is,” sê Pojie.

Die saak word ondersoek, het Pojie bevestig.

Die hond is na bewering kort ná die voorval van kant gemaak

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.