Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Seun (5) na hospitaal gehaas ná ma in ongeluk sterf

’n Ma is Maandagoggend op die Contermanskloofpad naby Durbanville in Kaapstad in ’n motorongeluk dood, terwyl haar vyfjarige seun per helikopter na die Tygerberg-hospitaal gevlieg is.

Richard Bosman, woordvoerder van die Kaapstad-verkeersdienste, sê die vyfjarige seun het ernstige beserings opgedoen.

Kenny Africa, Wes-Kaapse verkeershoof, sê ’n Kia en ’n Ford Ranger-bakkie het Maandagoggend op die Contermanskloofpad gebots.

“Die ma is dood en die seun word per helikopter na die Tygerberg-hospitaal gevlieg. Die mense in die Ford Ranger-bakkie is ongedeerd,” sê Africa.

Hy sê die bestuurder en die twee vroue in die Ford Ranger-bakkie is wel ook hospitaal toe geneem.

Vissershokweg tussen Contermanskloof en die N7 is tans gesluit.

hospitaal
Die vyfjarige seuntjie word per helikopter na die Tygerberg-hospitaal geneem.
Meer oor:  Kaapstad  |  Motorongeluk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.