Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Seun (7) verdrink in plaasdam buite Bfn

’n Sewejarige seuntjie is op Nuwejaarsdag dood toe hy vermoedelik in ’n plaasdam buite Bloemfontein verdrink het.

Konst. Peter Kareli, polisiewoordvoerder, sê toe die polisie omstreeks 21:00 op die hoewe in Bloemspruit aankom, het ’n familielid Jaydin Steyn reeds uit die dam gehaal.

Nadat nooddienspersoneel die seun ondersoek het, het hulle vasgestel dat hy geen tekens van lewe toon nie en is hy op die toneel dood verklaar.

Volgens Kareli het die seun die middag alleen buite op die hoewe gespeel.

Toe sy ouers omstreeks 18:00 agterkom hy is nie in die omtrek nie, het hulle oral na hom gesoek.

’n Ruk later is Jaydin in die dam aangetref.

’n Geregtelike doodsondersoek is begin.

Jaydin se ouers wou nie kommentaar lewer nie.

Meer oor:  Bloemspruit  |  Bloemfontein  |  Seun  |  Verdrinking
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.