Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Seun (8) doodgeskok in Despatch

Die polisie in Despatch sê ’n geregtelike doodsondersoek word gedoen nadat ’n seuntjie (8) in Kingstown glo doodgeskok is.

Die voorval het Saterdagmiddag omstreeks 16:00 gebeur toe kinders in die bosse naby Mawawastraat in Kingstown gespeel het.

Volgens ’n polisieverklaring het gemeenskapslede skielik ’n gil gehoor en gesien hoe ’n kind uit die bosse hardloop.

Die kind het aan die gemeenskapslede vertel dat die seun deur ’n oop draad geskok is wat op die grond gelê het.

Die kind is na ’n hospitaal gehaas, maar is dood verklaar.

Volgens die polisie sal die kind se identiteit bekend gemaak word sodra hy formeel uitgeken is.

Meer oor:  Despatch
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.